Jaques se Gedigte
  Trou
 

vandag is die 1ste dag van die res van jul lewe

jul toekoms jul drome smelt saam op die hede

van nou jul paadtjie saam hand en sy an sy

jul blik saam na voor gerig alleen is nou verby

mekaar het jul nou om op te kan leun

n skouer en n arm as die ander wil weën

saam is jul nou om jul geluk te kan deel

saam in geloof kan ongeluk dit nie steel

saam is jul nou n baie sterk span

as julle saam is wie kan staan teen julle dan

in groeiende liefde moet julle saam staan

want die liefde is tog, n besluit saam

die liefde is geduldig, dis ook goedgesind

die liefde is onselfsigtig dit sal julle vind

die liefde is bedagsaam en nie onbeleefd nie

die liefde glo die beste, is nie liggeraak nie

die liefde is nie jaloers nie en dit glo alles

liefde maak goeie indrukke en vermy wat af is

die liefde is onvoorwaardelik dit kan julle glo

liefde kom nie net uit jou hart maar ook van bo

al voel dit die storms raak woester

sterker sal jul wees as jul in mekaar se liefde koester

vra dit nou maar aan die wat die lewe saam ken

die liefde laat die ander een wen

in die liefde is dit nodig dat jy jou hart ook lei

want jou hart sal soms, n donker kol kry

en as dit voel jul is soms verlore

kyk na bo en onthou hoekom is Hy op aarde gebore 

                             Jaques

 
  Today, there have been 19 visitors (23 hits) on this page!  
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free