Jaques se Gedigte
  Bruin Oog Meisie
 

 

Bruin oog meisie van my

 

Hoekom dink jy het ek jou so lief gekry?

 

 

 

 

 

Bruin oog meisie ek wil jou sê

 

Dat leeraars, studente

 

prinse en prinsesse

 

wens dat hul, die liefde

 

wat ek vir jou het,

 

kan hê.

 

 

 

Bruin oog meisie, ek praat met jou

 

ek sal my hande afwerk,

 

my voete afstap,

 

my rug vir jou breek,

 

om n lewe vir jou te bou.

 

 

 

Bruin oog meisie, sal jy na my kyk?

 

Hoe ek jou aandag probeer kry

 

hoe ek jou wil verlei

 

met al hierdie woorde van my

 

sodat ek nie jou blik sal ontduik

 

 

 

Bruin oog meisie, jy is so mooi

 

Geen ster of plant

 

of dier hoe ookal galant

 

of enige meisie in hierdie land

 

kan by jou kers vashou nie

 

my beeldskone nooi.

 

 

 

Bruin oog meisie jy weet dit is waar

 

jy sien dit in my oë

 

my gesig, my glimlag

 

tot my lyf taal

 

as ek na jou staar.

 

 

 

Bruin oog meisie sal jy na my luister

 

as ek jou wangetjies streel

 

n snak van jou steel

 

my lippe met jou deel

 

en in jou oor

"Eks lief vir jou" fluister.

                  Jaques

 
  Today, there have been 14 visitors (23 hits) on this page!  
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free