Jaques se Gedigte
  Dood
 

Die dood is vir my n pragtige roos,

So graag wil ek dit he, so skaamteloos.

Leuns op leuns is al wat ek kry,

Van mense, van god, van monsters wat jy daar buite kry.

Ek luister na die duister en ek hoor n gefluister,

Van die mense wat maak asof hul omgee.

Van mense wat net op my energie wil kom teer.

Vampiere in hul vermomings geklee,

My hart wil hul nog verder verskeur,

Stadig aan die lewe hou sodat hul net meer kan voed.

Waarvan daan kom hierdie lelike goed,

Hoeko soek hul so graag my bloed,

Vertroue word verkoop as iets moois en reg

en dis dit wat jy moet gee,

Maar nog elke keer is dit net n lelike spul,

Want nog elke keer word ek net verkul.

En elke keer gooi hul dit net weg...

Ja die dood is n mooi roos vir my,

Met Die dood weet jy presies wat jy gaan kry.

En die dood wil my nie om die bos lui.

Ek weet die dood sal altyd vir my wag.

Die dood sal daar wees tot op my laaste dag.

Die dood is alreeds binne my,

Ek voel die pyn, ek voel die seer kry,

Die mes sit nog vas hier binne in my.

Wie is daar buite wat my nog kan red?

Is daar niemand wat dai vermoë het?

Ek glo nie want hoe lank al soek ek al nou...

So die dood is n mooi roos vir my,

Tog voel ek nog pyn,

En as jy voel het jy nog lewe.

Maar hoop is besig om te vergaan...

Ja die dood is n mooi roos vir my,

Ek ryk aan dit en ek geniet die reuk.

Daar is geen verkulery

van wie en wat dit is nie.

Daar is geen vampier wat vermom is nie.

Daar is net waarheid, en geen leuns.

Die dood is vir my n roos,

Geen leuns, geen bedrog,

net in die skoonheid, skaamteloos.

                        Jaques

 
  Today, there have been 2 visitors (3 hits) on this page!  
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free