Mag ek jou dan nie mis nie
want van klip is my hart beslis nie
dat ek jou wil hê is geen twis nie
sonder jou kan ek gewis nie
Is dit dan nie reg nie
dat ek my gevoelens in jou beleg nie
dat ek dit vir die wereld wil seg nie
dat ek aan jou wil heg nie
mag ek nie vir jou gevoelens hê nie
net langs jou wil lê nie
die drie woordjies vir jou sê nie
maak die weerstand jou nie pê nie
mis jy nie maar ook vir my nie
wou jy nie hê ek moes myself aan jou toewy nie
wil jy nie maar ook vir my in jou arms kry nie
wens jy nie maar ook jy kon langer bly nie
is dit nie maar wat jy ook soek nie
soos n verhaal uit jou boek nie
soos die passie in jou hart vir my woed nie
is jou hart nie maar ook vol bloed nie
Jaques
|