Jaques se Gedigte
  Sê My
 

wat is dit wat ons van mekaar wil hê

wat is dit wat ons vir mekaar wil sê

ek wil weet is dit oor of is dit nog

ek wil ni later sê 'maar ekke dog'

 

want jy weet wat het dog gedoen

hyt n gat in die grond gemaak met sy skoen

my hart in gegooi en dit nat gemaak

en gedog dit sal n blom word waarop jy verlief sal raak

 

maar sê my nou sal dit ooit gebeur

dat jy jouself van jo verlede skeur

om my met n oop hart te ontvang

en vir my te sê jy is nie meer bang

 

dat jy my lief het onvoorwaardelik

en dat jou hart vir my klop onbedaarlik

dat jy an my dink elke oomblik van die dag

en dat jy my wil vashou regdeur die nag

 

dat jy wil hê ek moet saam jou gaan

na orals oor ons twee saam

dat ons altwee net saam kan wees

altyd deur liggaam siel en gees

 

se my nou asb is dit moontlik

of was ons twee net vir daai oomblik

ek vra jou nou met n hart so teer

en praat die waarheid al maak dit seer

 

is daar n toekoms vir jou en my

of is ek besig om vals hoop te kry

ek weet jy is die meisie van wie ek droom

maar is ek die ou wat jy in jou hart wil laat woon

 

jy weet eks baie lief vir jou

en dat ek eendag met jou wil trou

so as jy oor jou vrees kom laat my in

ons twee saam kan vir mekaar baie vreugde bring

        Jaques

 
  Today, there have been 13 visitors (17 hits) on this page!  
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free